In wat as ’n oorwinning vir slagoffers van seksuele misbruik beskou word, het die hof artikel 18 van die Strafproseswet ongrondwetlik verklaar nadat die beweerde slagoffers van die oorlede biljoenêr Sydney Frankel dit betwis het.

Hulle sal nou die hoogste hof in die land, die grondwethof, nader om die bevel te bekragtig

Die hof het verklaar artikel 18 van die Strafproseswet is strydig met die grondwet. Dit is ongeldig in dié mate dat dit die reg verhinder om ’n vervolging vir alle seksuele misdade in te stel nadat 20 jaar sedert die tyd van die misdryf verloop het.  

Hulle bearbei hulle ook daarvoor dat artikel 18 vir volwassenes én kinders geskrap word.

Die hof het gesê die verklaring van ongrondwetlike ongeldigheid is vir ’n tydperk van 18 maande opgeskort om die parlement kans te gee om die grondwetlike tekortkoming reg te stel.

Ian Levitt, verteenwoordiger van die slagoffers bekend as die Frankel 8, het gesê hulle sal nou die hoogste hof in die land, die grondwethof, nader om die bevel te bekragtig.  

Die agt aansoekers het die hof genader om artikel 18 van die Strafproseswet ongrondwetlik te verklaar want hulle voer aan die huidige beperking maak inbreuk op hul reg tot waardigheid. 

Hulle bearbei hulle ook daarvoor dat artikel 18 vir volwassenes én kinders geskrap word.

Die agt mense beweer Frankel het hulle so lank gelede as 30 jaar voor sy dood seksueel aangerand.

Frankel is daarvan beskuldig dat hy kinders op vyf verskillende plekke gemolesteer het: Abbotford, Johannesburg; Ballifarm-perdeplaas in Kyalami; Baobab Ridge-wildsplaas in Buffelshoek; die voormalige Arcadia Joodse Kinderhuis in Parktown, Johannesburg en ook in sy eie huis in Athol.

Alhoewel hulle in 2015 hul klagte gelê het, het die beperking van die statuut vervolging gekortwiek.

Frankel (68) is op 13 April vanjaar in sy huis in Johannesburg aan kanker dood. 

Die Vroueregsentrum (WLC), The Teddy Bear Clinic (TTBC) en Prokureurs vir Menseregte het die Frankel 8 se saak gesteun.

Huidige wetgewing bepaal die reg om vervolging aan die gang te sit, verval ná 20 jaar vir misdade van seksuele aanranding. Dit geld egter nie vir ander ernstige misdade soos moord, verraad, ontvoering, volksmoord en verkragting nie.

Bron: news24.com