Volgens Netwerk24 het die leeumannetjie Vrydag vermoedelik uitgekom deur onder deur die heining te klim nadat water ’n gat daar oopgespoel het. Dié gat in die heining is die wes van die park langs die Fraserburg-pad en die vermoede bestaan dat hy deur ’n stormwaterpyp na ’n plaas is.

’n Boer het die driejarige leeu se spoor op sy grond gesien en die parkowerhede in kennis gestel.

“Die park is omring deur boere, dus vermoed ons die leeu is op plaasgrond,” het Fayroush Ludick, woordvoerder van Sanparke, Maandag by navraag aan Netwerk24 gesê.

Volgens haar is ’n soektog op die grond en in die lug aan die gang.

Verlede week is ’n toeris ?deur ’n leeuwyfie doodgebyt in die Leeupark naby Lanseria, Johannesburg.

Bronne: Netwerk24, News24