[caption id="attachment_161728" align="aligncenter" width="567"]Lewis started campaigning two years ago. PHOTO: Supplied Lewis started campaigning two years ago. PHOTO: Supplied[/caption] Afgevaardigdes van 24 nasies en die Europese Unie het by die jaarvergadering van die kommissie vir die bewaring van Antarktiese marienelewehulpbronne eenparig gestem om die grootste beskermde gebied op land of see te skep.

Hierdie historiese gebeurtenis is die eerste keer dat ’n mariene beskermde gebied op groot skaal op die oop see gevestig is. Die gebied beslaan 1,57 miljoen km2 – dis groter as die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Duitsland saam. Dit sal beskerm word teen die soort industriële visvangery wat verwoestende gesaai het in ander oseane.

A photo posted by Lewis Pugh (@lewispugh1) on

“Die Ross-see is een van die mees ongerepte mariene ekostelsels wat nog oor is. Daar kom baie spesies voor wat nêrens anders gevind word nie.

“Die data wat uit hierdie ‘lewende laboratorium’ versamel is, help ons om die betekenisvolle veranderings te verstaan wat tans op die aarde plaasvind,” het die Amerikaanse wetenskaplike David Ainsley gesê. Veertien jaar gelede was hy die eerste mens wat aangedring het op ’n mariene bewaringsgebied. “Die Ross-see is as ongerepte mariene ekostelsel van baie meer waarde as ’n visvangplek.” Die see is die tuiste van 50 persent van ekotipe-C-moordwalvisse (ook bekend as die Ross-see-orka), 40 persent van Adélie-pikkewyne en 25 persent koningspikkewyne.

“Ons is opgewonde daaroor dat hierdie baie spesiale deel van die oseane vir komende geslagte bewaar word,” het Erik Solheim, hoof van Verenigde Nasies se omgewingsake-afdeling, gesê.

“Ons is veral trots op Lewis Pugh, ons oseaanbeskermheer, wat rondgereis het om mense konsensus te help bereik. Vandag se resultaat is ’n gevolg van sy vasberade pogings.” [caption id="attachment_161730" align="aligncenter" width="600"]Lewis arrives to speak in Moscow. PHOTO: Supplied Lewis arrives to speak in Moscow. PHOTO: Supplied[/caption] Op sy beurt het Lewis gesê: “Ek is oorstelp van vreugde. Die Ross-see is een van die mees manjifieke plekke op aarde. Dit is een van ons laaste wonderlike wildernisgebiede. Dit is ’n droom wat waar geword het.” Die uithouswemmer en kampvegter vir oseane het die afgelope twee jaar onvermoeid gewerk om die streek te beskerm. Nadat hy in 2015 ter wille van bewusmaking ’n paar swemtogte in die Ross-see onderneem het, het Lewis Moskou verskeie kere besoek om die Russiese amptenare te oorreed om die bewaringsveldtog te ondersteun.

A photo posted by Lewis Pugh (@lewispugh1) on

Tot op hede het Rusland die voorstel vyf keer afgeskiet.

Die media het Lewis se pogings “Speedo-diplomasie” gedoop na aanleiding van die swemmer se vermoë om die yskoue waters van Antarktika met net ’n Speedo aan sy lyf te oorleef. [caption id="attachment_161729" align="aligncenter" width="602"]Lewis addressing the CCAMLR Ambassadors. PHOTO: Supplied Lewis addressing the CCAMLR Ambassadors. PHOTO: Supplied[/caption] “Vandag se aankondiging dui ’n belangrike oomblik in die geskiedenis van bewaring aan,” sê Lewis. “Die oop see beslaan 45 persent van die aarde se oppervlak, maar dit is grotendeels onbeskerm en word onderwerp aan verregaande oorbevissing. Dit is ’n uiters noodsaaklike eerste tree in die rigting van wat ek hoop ’n reeks mariene bewaringsgebiede gaan wees.”

A photo posted by Lewis Pugh (@lewispugh1) on

Lewis reken dié aankondiging is selfs merkwaardiger omdat onder meer Rusland, Amerika en die Europese Unie saam hieroor besluit het in ’n tyd wat deur politieke spanning gekenmerk word.

“In 1959, op die kruin van die Koue Oorlog, is Antarktika opsy gesit as plek vir vrede en wetenskap. Vandag se aankondiging wys dis steeds ’n plek van vrede en brugbouery, ’n plek waar ons gemeenskaplike grond kan betree.

“Ek hoop dit wat hier vermag is, kan gebruik word om dialoog en samewerking in ander dele van die wêreld aan te wakker.”

Sergei Iwanof, pres. Wladimir Poetin van Rusland se spesiale verteenwoordiger vir ekologie, het ook die ooreenkoms verwelkom.

“Rusland het ’n trotse geskiedenis van verkenning en wetenskap in Antarktika. In hierdie tye van politieke onstuimigheid in so baie wêrelddele is ons verheug om deel te hê aan hierdie gesamentlike internasionale poging om die Ross-see te beveilig.”

- Kirstin Buick