UBER-500x500-2yl3i7kkqanmm9wnxb8lxc-1024x1024

Suid-Afrika is ’n unieke land. En die mense by Uber het dit besef, in so ’n mate dat hulle ’n nuwe eksperiment op Suid-Afrikaners toets.

Lees ook: As jy LinkedIn gebruik moet jy eenvoudig hier lees!

Uber-taxi’s sal vir ’n beperkte tyd ’n kontantbetalingstelsel bied, het hulle onlangs aangekondig.

“Ons is opgewonde om aan te kondig dat Suid-Afrika die eerste land is in Uber se wêreldwye netwerk waar kontantbetalings in vyf stede gelyktydig in werking gestel is,” het Uber onlangs aangekondig.

Lees ook: Dis hoe die nuwe WhatsApp-veranderinge jou gaan raak

Volgens hul navorsing is sowat 65 persent van transaksies deur Suid-Afrikaners in kontant. So waarom nie daardie opsie bied as hulle hul taxi’s gebruik nie?

Dit is ’n toetslopie en daarom is terugvoer uiters belangrik. Om te sien of die eksperiment werk, het Uber gevra dat gebruikers vir hulle terugvoer gee op hul webtuiste. Wat sou jy kies – kontant of kaart?

– Koketso Mashika

Ander stories op Huisgenoot.com

Skoolmaats verpletter ná Bloemfonteinse seun sy eie lewe neem

Krugersdorp-man skiet sy eie blaffende hond dood

Kyk: Paaie in Indië besaai met plakkies tydens versengende hittegolf

Jennifer Aniston bevestig tragiese nuus