Groot veranderings wag op sepieliefhebbers, want van Donderdag 7 Julie af gaan Suidooster-kykers hul gunstelingsepie vier keer per week kan geniet.

Suidooster_Almal

“Vandat die eerste episode van Suidooster in November verlede jaar uitgesaai is, het kykers dadelik gesê hulle soek meer van dié sepie, wat van die begin af sommer baie goed op kykNET se kanale gevaar het,” sê Karen Meiring, direkteur van Afrikaanse Kanale by M-Net.

En nou word kykers se drome waar.

“Ons het ook altyd geweet Afrikaanse TV-kykers gaan baie van Suidooster hou, maar die versoeke van kykers vir nog episodes het ’n stormsterk wind geword en kykNET het geluister.”

“Daarom is ‘vier die nuwe drie’ en gaan kykNET van Julie as elke week ’n bykomende episode van Suidooster uitsaai,” sê Karen.

Nou kan kykers uitsien na nog avonture met die Samsodiens, Octobers, Du Plooys en Gerbers – dagin en daguit.

[post-slider]

Die ekstra aflewering gaan, net soos die ander, om 18:00 uitgesaai word.

Ander stories op Huisgenoot.com

Ma probeer kind se moord verdoesel en beskuldig 7-jarige: ‘Jy het hom doodgemaak’

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar