Ná die skokaankondiging vroeër vanjaar dat die gewilde sepie Days of our Lives nie meer op Suid-Afrikaanse televisie gaan wys nie, het ons pas baie goeie nuus ontvang!

Volgens ’n bron gaan die sepie terugkeer na ons skerms op 22 Augustus, maar in ’n nuwe tydgleuf. Die storielyn gaan presies aangaan waar dit op 20 Julie geëindig het.

Die SABC het bevestig die sepie gaan nou in die nuwe tydgleuf wys, saans om 23:30 op SABC3. Maar die moontlikheid van herhalings word nie uitgesluit nie.

Ons gee julle meer inligting rondom die nuwe Days of our Lives-skedule soos dit bekendgemaak word.