[caption id="attachment_168405" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die One Direction-ster is deur ’n klag van aanranding in die gesig gestaar ná ’n botsing met die fotograaf Karl Larsen in die bagasiegebied van LAX op 3 Maart.

Hy is ook daarvan beskuldig dat hy met drie vroue gestoei het wat in ’n onderonsie met sy meisie, Eleanor Calder, betrokke geraak het. Die beweerde slagoffers het ’n burgerlike inhegtenisneming gemaak en hom aangehou tot die polisie op die toneel aangekom het.

Die aanklaers het onlangs ’n verhoor vir Woensdag 12 April geskeduleer om hulle nog tyd te gee om die saak te hersien en nou het hulle besluit om nie met die misdaadklagte voort te gaan nie, volgens TMZ.com.

Die bronne beweer ’n aantal lughawewerknemers, wat die onderonsie aanskou het, het met die polisie gepraat en Louis se kant gekies. Die werknemers hou vol hy het Karl of enige van die vroue wat sy meisie lastig geval het nie met opset geslaan nie.

Louis sal nou na later vandeesmaand die Los Angeles-stadsprokureur se kantoor ontbied word vir ’n informele verhoor. Daar sal ’n beampte hom ’n waarskuwing gee en voorsê hoe hy hom in die toekoms in die openbaar moet gedra, ingeval hy hom in ’n soortgelyke situasie bevind.

Dis goeie nuus vir die 25-jarige, wie se prokureur, Martin Singer, voorheen volgehou het sy kliënt het uit selfverdediging opgetree.

“Die paparazzo het die onderonsie uitgelok en die voorval met Louis veroorsaak,” het hy ná die Brit se inhegtenisneming gesê. “Dis nie die eerste keer dat ’n paparazzo ’n onderonsie met ’n glansmens geskep het nie.

“Terwyl die onderonsie met die paparazzo aan die gang was, het drie ander individue sy meisie aangeval en hy het tot haar verdediging gekom.”

© Cover Media