Die Ierse popsangeres, by wie Graeme (36) ’n dogter (4) en seun (3) het, is in Desember ’n paar uur lank deur die polisie aangehou nadat haar visum in September die vorige jaar verstryk en sy onwettig in die land aangebly het. Die saak is egter in Februarie vanjaar teruggetrek.

????

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Morgan (32) het gister op Facebook bekendgemaak sy het weer ’n Suid-Afrikaanse visum. “Ek het eindelik my Suid-Afrikaanse visum in my hand!” het sy gesê. “Ons kan huis toe gaan, Ierland toe. Twee en ’n half jaar! Wat ’n reis! Wat ’n storie. Ek is sterker as toe ek weg is, dis verseker! Ek kan die groen gras van my tuiste ruik.”

Morgan, wat in Kaapstad woon, vertrek Sondag na haar geboorteland saam met haar twee kinders, het haar regsverteenwoordiger, Leon van der Merwe, aan Netwerk24 gesê. Hulle gaan ses weke lank vir haar familie daar kuier.

??

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Intussen skop Graeme ook nes in die Kaap. Sy derde kind, Sebastien, by sy huidige meisie, die Kaapse prokureur Romy Lanfranchi, is in Desember gebore. Romy het nog twee seuns uit ’n vorige huwelik.


Graeme en Morgan se egskeiding is drie maande ná Sebastien se geboorte gefinaliseer. 

Dit gaan nou beter met haar, skryf Morgan in haar blog, The Green Girl’s Guide to Divorce. In 2015 was haar lewe “hel”, bieg sy.

“Ek was heel gelukkig in 2016 en is mal oor my eie lewe in 2017. Ek geniet dit nou om my dae deur te bring en myself gelukkig te maak; ek geniet dit om die TV-afstandbeheerder vir myself te hê (wanneer my kinders slaap); ek geniet dit om my eie sosiale kalender op te stel; en ek geniet dit om my kinders net vir myself te hê wanneer hulle by my is,” skryf sy. 

“My kinders kom eerste en ek tweede. My vriendinne bring vir my wonderlike geselskap, gevul met rooiwyngeselsies en verhale oor ’n koppie tee. Ek geniet dit om op afsprake te gaan en nuwe mense te ontmoet en ek lag hard vir die herinnerings wat ek langs die pad maak.”