Die aktrise Elma Postma het in ’n onlangse onderhoud met rooi rose tydskrif verklap nie net is sy smoorverlief nie, sy is ook op pad kansel toe.

[caption id="attachment_128786" align="alignnone" width="599"]Foto: Dino Codevilla  Foto: Dino Codevilla [/caption]

Ja, Dezi van 7de Laan en Bea van Binnelanders is verloof!

Al wat die ster nog in rooi rose bekendmaak, is dat haar aanstaande se naam Paul is. “Kom ons bewaar die misterie. Ek is baie gelukkig om iemand te hê met wie ek alles kan deel. In ons verhouding kan ek ’n volronde mens wees,” het sy aan die vrouetydskrif gesê.

Toe Huisgenoot Elma (37) kontak om geluk te sê, was sy dankbaar, maar sy wou steeds nie nog besonderhede oor die gelukkige man in haar lewe rep nie.

In ’n vroeëre onderhoud met Huisgenoot het sy vertel: “Liefde is vir my ’n stil ding. Ek wil eers gesels en iemand leer ken.” Elma glo glad nie aan liefde met die eerste oogopslag nie. “Eerste indrukke is dikwels nie die hele pakket nie.”

Tog meen die aktrise met meer as 15 jaar se ervaring in die bedryf “natuurlikheid is baie belangrik in ’n verhouding. Jy stap ’n pad saam met iemand en spontaniteit is belangrik,” het sy gesê.

Ons wens Elma en Paul alles van die beste toe op hul liefdespad..

Lees ook op Huisgenoot.com:

Barry Steenkamp: ‘Oscar (Pistorius) moet betaal vir wat hy gedoen het’

Hipster 60-jarige model slaan ’n bres vir die ouer geslag!

‘Ek is nie ’n rassis nie,’ bieg Penny Sparrow in ope brief

Visserskuit trek onverwagse ‘vangs’ uit die see