As jy ’n gereelde 7de Laan-kyker is, sal jy baie bly wees om dié nuus te hoor!

Jy kan nou weer Sondae voor die kassie opkrul om die 7de Laan-omnibus te kyk. Die 5-episode-bonanza, met die vorige week se  programme, is nou weer iets waarna kykers kan uitsien as hulle nie weeksaande ’n tydjie kon afknyp nie.

Tvplus het die nuus op hulle Facebookblad gebreek, maar 7de Laan het ook hierdie opwindende nuus op hul amptelike Facebookblad gedeel.

Die episodes sal vanaf Sondag 2 Julie uitgesaai word.

Die artikel sal bygewerk word sodra meer inligting bekend is.

7de Laan word weeksdae om 18:00 op SABC 2 uitgesaai.