Steyn Entertainment het Dinsdagoggend aangekondig die Rocking the Daisies-musiekfees en OppiKoppi span vanjaar saam en word dieselfde naweek gehou, van 5 tot 8 Oktober.

Dieselfde hoofgroepe tree by albei feeste op. Rocking the Daisies is nou 12 jaar oud en dit is OppiKoppi se 23ste fees.

Die eerste OppiKoppi is in Mei 1994 gehou en die fees het homself sedertdien gevestig as die legendariese rock-geleentheid wat die somerseisoen afskop.

Vanjaar sal daar sewe verhoë en sowat 160 musiek- en vermaakstelle wees, en sowat  20 000 aanhangers word verwag.

#oppikoppie2016 wat 'n belewenis #myafrikaans

A post shared by Pieter Cloete (@pietercloete) on

Dis die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis dat twee feeste op dié skaal gaan saamwerk om ’n opwindende ervaring te skep.

'n Gesamentlike bywoningsyfer van sowat 45 000 word verwag wanneer aanhangers op Darling en Northam toesak vir twee van die land se grootste musiek- en leefstylfeeste.

Bron: channel24.co.za