Die Hogwarts-reeks gaan uitbrei met twee nuwe Harry Potter-boeke wat vanjaar uitgereik word. 

Die skrywer JK Rowling het vroeër vanjaar die nuus gedeel dat daar ter viering van 20 jaar sedert die uitreiking van die eerste Harry Potter-boek, Harry Potter and the Philosopher’s Stone, vanaf Oktober tot Februarie 2018 ’n Harry Potter-uitstalling oor die geskiedenis van toorkuns by die Britse biblioteek in Londen te sien is.

#JKRowling #rowlingnews #harrypotter #rowling

A post shared by J.k Rowling News (@rowlingnews) on

En nou het die gewilde skrywer aangekondig dat daar tesame met die toorkunsuitstalling ook twee nuwe boeke uitgereik word, berig marieclaire.com.

Die eerste is Harry Potter: A History of Magic – The Book of the Exhibition, wat lesers verder sal inlig oor die vakke wat by Hogwarts, die towenaarskool in die reeks, aangebied word – van alchemie- en gifklasse tot  klasse oor kruiekennis en die versorging van towergediertes.

Die tweede boek, Harry Potter: A Journey Through the History of Magic, vat lesers op ’n historiese reis van Harry Potter se wêreld en bekyk die stories agter towerspreuke, hekse en towenaars.

Dié boek bevat sketse en manuskripte van JK Rowling, toorkunsillustrasies deur Jim Kay en vreemde, wonderlike en inspirerende artefakte uit die argief van die Britse biblioteek.

First photo of HarryPotter Illustrated edition! #bloomsbury -Septembr 1st, It's Time to go back home ????

A post shared by J.k Rowling News (@rowlingnews) on

Die boeke, wat Harry se towerwêreld verken, maar nie nuwe stories oor die oorspronklike karakters is nie, word albei in Oktober uitgereik.

Bronne: MarieClaire.com, Instagram, www.bl.uk