Henri van Breda en sy meisie, Danielle Janse van Rensburg, het Dinsdagoggend in die Kaapse landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga. Die hof het na 'n kort sessie aangedui dat die klagte teen sowel hom as Danielle laat vaar is.

Vroeër vandag

Die polisie in Table View het Henri en sy meisie, Danielle Janse van Rensburg, in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem.

Hy is op borgtog van R1 000 en Danielle op borgtog van R200 vrygelaat. Henri (21) is ook uit op borgtog van R100 000 vir die drievoudige moord op sy familielede.

Met sy vorige verskyning in Oktober is die nasionale instituut vir misdaadvoorkoming en die herintegrasie van oortreders gevra om Henri te evalueer.

Hy het na bewering tyd in ’n rehabilitasiesentrum deurgebring.

Bron: news24.com