Hulle moes die eerste vyf weke van hul eersteling se lewe tussen hul huis in Boksburg en die hospitaal in Pretoria pendel en ure in die hoësorgeenheid deurbring om te waak oor die piepklein Zardi, so klein soos die fynste poppie.

Die sanger Gerhard Steyn en sy vrou, Zelri, sê Zardi het net 1,2 kg geweeg toe sy op 14 April op 33 weke gebore is. Sy moes eintlik eers op 29 Mei haar opwagting gemaak het.

Maar nou is die nuwe gesin eindelik almal saam tuis en klein Zardi vorder sommer baie goed.

Lees ook: So gaan dit deesdae met Gerhard Steyn se vroeggebore babadogter

“Dit gaan regtig goed met die gesin,” sê Tilla Enslin, Gerhard se bestuurder. Gerhard en Zelri kan nou eindelik hul dogtertjie by die huis in hulle arms vashou en aan die slaap sus.

“Zardi is nou al twee weke tuis en word by die dag sterker. Haar wangetjies het kleur gekry en sy word nou ’n mooi babatjie,” vertel Tilla.

“Ek dink sy het al sedert haar geboorte 1 kg aangesit en weeg nou 2,2 kg.”

’n Babatjie word mos elke paar uur wakker om melk te drink, maar haar trotse mamma en pappa verruil die voorreg om heeltyd vir haar liefde te gee vir niks ter wêreld nie, vertel Tilla.

Ons is baie bly dit gaan so goed, Gerhard en Zelri!

Pappa kan seker nou ook uit volle bors vir sy prinses wiegeliedjies sing.

Ander stories op Huisgenoot.com

Pa neem ma se rol vir ’n dag oor – en besef vinnig waarvoor hy hom inlaat

Hartbrekende nuus vir Taylor Swift

Kyk watter gewilde sanger se eerste pienkvoet is onlangs gebore!

Prinses Charlene word weer tannie – kyk dié skattige foto’s!