Volgens mediaberigte is die tweede vlugopnemer ook nou gevind. Die oorsaak van die ramp is nog onbekend, maar Egiptiese amptenare het aangedui dat hulle kort voor lank hul bevindinge bekend sal maak.

Donderdag, 16 Junie 2016

Die Egiptiese ondersoekkomitee het bekend gemaak dat die een van die vlugopnemers van die gedoemde vlug gevind is. Dit is die vlugopnemer wat stuurkajuitgesprekke opneem. Dit is glo beskadig maar die geheue-eenheid, wat die belangrikste deel van die opnemer is, is wel veilig uit die opnemer gehaal.

Vroeër Donderdag, 16 Junie 2016

Die vliegtuig het op 19 Mei met 66 mense aan boord in die see neergestort en sedertdien is onverpoos na wrakstukke, vlugopnemers en natuurlik die moontlike oorsaak van die ramp gesoek.
Die Egiptiese komitee wat vliegtuigongelukke ondersoek het in ’n verklaring bekendgemaak van die wrakstukke is gekry.

Die John Lethbridge, die soekvaartuig, het verskeie hoofgebiede geïdentifiseer waar wrakstukke gevind is. Volgens foto’s is dié wrakstukke net so ’n bietjie meer as 3 000 m onder die see.

Lees ook: Skoknuus in ondersoek na gedoemde EgyptAir-vlug bekend gemaak

Dit is die eerste noemenswaardige vonds sedert ondersoekers byna twee weke gelede seine van een van die vliegtuig se twee vlugopnemers gehoor het. Na verwagting is daar kwalik ’n week oor voor die opnemers se batterye sal pap wes. Die opnemers bevat data van stuurkajuitgesprekke en rekenaars aan boord.

Lees ook: Bevestig: Dit is die seine van die EgyptAir-rampvlug se vermiste vlugopnemers

Remy Jouty, direkteur van die ongelukburo in Frankryk, het aangedui dit sal nog lank wees voor ondersoekers antwoorde het.

Tot dusver is die enigste bevestigde bevindinge ’n reeks outomatiese boodskappe wat van die vliegtuig na een van EgyptAir se onderhoudsbasisse gestuur is. Dit sluit twee rookalarms in: een in ’n badkamer en ’n ander in die elektroniese inham naby die vliegtuig se gerekenariseerde beheerstelsels.

Hierdie inligting word egter nie as voldoende beskou om te verklaar wat die ramp veroorsaak het nie. Sonartoerusting en ’n onderwaterrobot sal deur die John Lethbridge ontplooi word met die hoop om die vlugopnemers op te spoor.

Bronne: nytimes.com, airlive.net, bbc.co.uk