DA-leier, Mmusi Maimane, het die aankondiging tydens ’n mediakonferensie in Johannesburg gemaak.

“Dit het al hoe duideliker geword dat ek en Helen fundamenteel verskillende houdings het teenoor die missie wat die DA teen 2019 wil bereik, en die doelwitte en prioriteite wat daarvan sal kom,” sê Mmusi.

Hy sê verder dat ons tans in ’n broos demokrasie leef en dat dit veral belangrik is om sensitief te wees teenoor die woede wat baie mense nog voel as gevolg van die land se verlede en nalatenskap.

“As die leier van die party, is dit my verantwoordelikheid om die publiek se vertroue weer op te bou. Dus, het ek vir Mev. Zille gevra om verskoning te vra aan beide Suid-Afrika en die DA. Sy het ongelukkig geweier.

“Dit is nie ’n maklike besluit nie, maar as die leier moet ek doen wat reg is vir die party en Suid-Afrika,” sê hy verder.