Van Maandag 10 Julie sal aanhangers van dié gewilde reeks om 18:30 voor die kassie kan inskuif om op kykNET (kanaal 144) met die doen en lates van die inwoners van Ruiterbosch op te vang.

“Die 18:30-tydsgleuf is baie gesog op Suid-Afrikaanse televisie en nou hoef Suidooster se aanhangers nie te jaag om by die huis te kom om Suidooster te kyk nie,” sê die vervaardigers van Suidooster. 

Suidooster is onlangs by die SAFTA-toekennings aangewys as een van die top-drie gewildste sepies in Suid-Afrika met bekendes soos Denise Newman, Portia Joel, Theresa Sedras en Abduraghmaan Adams.

kykNET vervang ook die 20:00 uitsaaityd van Suidooster op kykNET & kie (kanaal 145) met twee nuwe tydsgleuwe. kykNET & kie-kykers sal ook van 10 Julie om 18:30 Suidooster kan kyk en dan weer om 22:00. 

Buiten ander herhalingstye, kan kykers op Vrydae tussen 17:00 en 19:00 en Sondae tussen 14:00 en 16:00 Suidooster se omnibus kyk.

Getroud met Rugby se tydsgleuf skuif ook binnekort na 21:00.