“Dit is vir ons baie hartseer om vir Irene koebaai te sê,” sê Jimmy Abbott, die voormalige bokskampioen en Irene se broer.

“Ek het nooit gedink ek sal haar moet groet nie. Sy was 'n dierbare mens gewees en het altyd mense gehelp waar sy kon.”

Irene is 4 Augustus in die Leratong-hospitaal in Krugersdorp oorlede.

Irene in die hospitaal. Foto: Verskaf

Sy was vir sowat twee maande in die hospitaal vir 'n infeksie behandel wat haar hart en brein aangetas het.

Haar dogter Irene het opslae gemaak nadat sy bekend geword het omdat sy, ten spyte daarvan dat sy amper nie tone het nie en boonop sonder tekkies draf, die een rekord ná die ander in langafstandwedlope verpletter het.

“Irene vat die dood van haar ma baie swaar. Ons almal het verskriklik gehuil. Ons huil nou nog oor haar,” sê Jimmy.

Sy was 'n hardwerkende vrou wat altyd tyd gehad het vir iemand in nood

Irene was ook onder die inwoners van die plakkerskamp bekend as “die ma van Munsieville-kamp.”

“Irene het die kamp regeer en seker gemaak elke kind het altyd iets om te eet,” het een inwoner op Facebook geskryf.

Irene is op 4 Augustus 2017 oorlede. Foto: Verskaf

“Sy was 'n hardwerkende vrou wat altyd tyd gehad het vir iemand in nood.

“Mag die Here wat jy so voor lief was jou altyd naby aan sy hart koester. Jy sal deur baie gemis word.”

Irene se begrafnis is Dinsdag 15 Augustus in die God Vir Ons Bediening-kerk in Krugersdorp.

Save