Die beroemde paartjie was kop tot toon in somber swart by die diens wat in Los Angeles gehou is ter gedagtenis aan die 17 maande oue Avery Anderson. Die seuntjie, wat vroeër vandeesmaand in sy slaap dood is, was die kind van Kanye se neef Ricky Anderson, wat met die rapper saamwerk by sy musiekonderneming, G.O.O.D. Music. Kim het ’n lang swart rok, pelsjas en oorgroot swart sonbril gedra terwyl Kanye in ’n swart pak was.

Today was the worst day of my life!! I lost my lil man and gained an angel! Rest in Paradise!!!! I love you man

A post shared by Ricky Anderson (@rickygervoussss) on
Ricky het vroeër verlede week ’n swart-wit foto van sy seuntjie op Instagram geplaas en daarby geskryf: “Vandag is die slegste dag van my lewe!! Ek het my klein mannetjie verloor en ’n engeltjie bygekry! Rus in die paradys!! Ek is lief vir jou, jong.” Erica Paige, Avery se ma, het ook ’n emosiebelaaide boodskap op Instagram geplaas.

“Die lewe is so onregverdig. Ek het jou lief met alles wat in my is, en met hierdie ongelooflike, ondraaglike pyn in my binneste sal ek moet krag kry om van nou af alles sonder jou te doen.

“Ek is so dankbaar vir die 17 maande wat ek saam met jou kon wees. Dankie vir al die laggies en drukkies en soentjies; jy het vir my omgegee op ’n manier wat niemand anders kon nie. My hart is vir ewig stukkend.

“Ek is so lief vir jou, mamma is by jou.”

– Cover Media