Die Kanadese superster Céline Dion se eggenoot, René Angélil, is Donderdag in die ouderdom van 73 by sy huis in Las Vegas dood ná ’n lang stryd teen kanker.

’n Emosionele Céline het vroeër met USA Today gepraat oor die pad wat sy en René vir die derde keer met kanker moes stap.

“Ek sou (aan hom) sê: ‘Jy’s bang? Ek verstaan. Praat met my daaroor,’” het sy gesê. “En vir my sê René, ‘ek wil in jou arms sterf.’ ‘Oukei, dis reg, ek sal daar wees, jy sal in my arms sterf.’”

In die onderhoud reik sy na alle kankerlyers uit. “Mense gaan elke dag hierdeur. Julle hoor my en my man se storie want ons is op televisie, maar mense gaan deur dieselfde ding – selfs erger (as ons).” Céline se kommunikasiespan het op haar Facebook-blad gesê die familie wil die routydperk privaat hou. Haar vertonings in Las Vegas oor die naweek is ook gekanselleer. René en Céline het mekaar ontmoet toe sy 12 jaar oud was – aanvanklik was hy haar bestuurder en ook haar mentor. Hy het selfs ’n lening op sy huis uitgeneem om haar eerste album, La voix du bon Dieu, te befonds. Die egpaar het hulle 21ste huweliksherdenking verlede maand gevier. Céline het ’n foto van hulle wat handvashou op Instagram gedeel om die dag te herdenk.

A photo posted by Celine Dion (@celinedion) on

René word ook oorleef deur sy en Céline se drie seuns en ’n verdere drie kinders uit vorige verhoudings. Intussen stroom medelye oor die wêreld heen in:

Bronne: Eonline.com; Yahoo; USA Today