Volgens Asian News International stroom mense om die pasgebore baba te besoek in Aligarh, Uttar Pradesh, en glo hulle dat sy soos die god Ganesha lyk.
'’n Babameisie word blykbaar in Indië soos ’n godin aanbid te danke aan ’n gesigsmisvorming wat dit laat lyk asof sy ’n slurp vir ’n neus het.'

“Almal sê dat sy ’n inkarnasie is van hierdie god,” het die meisie se tannie, net bekend as Rajani, gesê. “Dit is waarom wie ook al van haar hoor, hierheen kom om na die baba te kyk en enige moontlike offer bring.” Mense het gesing, gedans en offers gegee aan die baba, wat blykbaar heeltemal gesond is.

Die babameisie moet nog ’n naam kry, maar inwoners het haar “lord Ganpatni” begin noem, of “Ganesha se vrou”. Dokters sê haar “goddelike” neus is as gevolg van ’n geenmutasie, waarskynlik veroorsaak deur wanvoeding en verhoogde besoedeling.

Bronne: in.news.yahoo.com, mirror.co.uk, timesofindia.indiatimes.com