'n British Airways Boeing 737 se wiel het gebars en enjin moontlik aan die brand geslaan toe dit vroeër vandag op die OR Tambo Internasionale lughawe in Johannesburg geland het.

Niemand is sover bekend in die voorval beseer nie, maar die vliegtuig het op die aanloopbaan tot stilstand gekom, berig News24. Acsa se woordvoerder, Colin Naidoo, het by navrae gesê die vliegtuig veroorsaak nou 'n vertraging van minstens 30 minute. "OR Tambo gebruik tans 'n alternatiewe aanloopbaan om te verseker dat vlugte steeds kan vertrek. Om veiligheidsredes moes ons die aanloopbaan waarop die betrokke Boeing staan, toemaak," het Colin gesê.

Hoewel nog nie bevestig nie skryf Renaldo Gouws op Twitter dat die vliegtuig se enjin ook aan die brand geslaan het ná die remme onklaar geraak het.

Die British Airways vlug was glo van Port Elizabeth onderweg.

Bronne: Twitter; ENCA; News24

News24