Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag ’n aansoek verwerp om te verhoed dat die naam van kinderslagoffers, -getuies en -oortreders bekend gemaak word nadat hulle 18 geword het.

Die Sentrum vir Kinderreg, Media Monitoring Africa en die prokureur vir Zephany Nurse, wat die middelpunt van ’n vorige saak was, en ander het die saak aanhangig gemaak om duidelikheid te verkry oor die vertolking van artikel 154 van die Strafproseswet, asook ’n bevel om verdere beskerming toe te staan wanneer kinders 18 geword het.

Zephany is ontvoer kort ná haar geboorte in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad.

Terwyl die identiteit van Zephany Nurse beskerm sal word tot die uitslag van enige appèlsake, is die aansoek vir die verlenging tot volwassenheid van identiteitsbeskerming kragtens die Strafproseswet verwerp.

Verskeie mediamaatskappye het die aansoek teengestaan, onder andere Media24.

Regter Wendy Hughes het uitspraak gelewer dat kindergetuies, -slagoffers en -oortreders jonger as 18 beskerming gebied word kragtens artikel 154 (3) van die Strafproseswet (Wet 52 van 1977), maar dat die uitspraak wat die aansoekers wou gehad het – dat hul identiteit bo 18 steeds beskerm word – verwerp word as nie toelaatbaar of vereis deur die Grondwet nie.

Haar biologiese pa het haar 17 jaar later opgespoor nadat haar biologiese suster dieselfde hoërskool as sy bygewoon het en vriende aanhou sê het die twee lyk eenders.

Voorts het die hof gelas dat Zephany Nurse se ware identiteit beskerm moet word tot ná moontlike appèlsake.

Zephany is ontvoer kort ná haar geboorte in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad.

Die vrou wat Zephany grootgemaak het, is in Februarie 2015 in hegtenis geneem en tot 10 jaar tronkstraf gevonnis omdat sy haar ontvoer het.

Haar biologiese pa het haar 17 jaar later opgespoor nadat haar biologiese suster dieselfde hoërskool as sy bygewoon het en vriende aanhou sê het die twee lyk eenders. DNS-toetse het bevestig sy is hul vermiste kind. 

Zephany is die naam wat haar biologiese ouers haar gegee het. Sy het met ’n ander naam grootgeword wat ’n ander gesin haar gegee het.

Die vrou wat Zephany grootgemaak het, is in Februarie 2015 in hegtenis geneem en tot 10 jaar tronkstraf gevonnis omdat sy haar ontvoer het.

Zephany, wat met ’n ander naam grootgeword het, is nou 19.

Prof. Ann Skelton van die Sentrum vir Kinderreg sê hulle sal om appèl aansoek doen om die identiteit van slagoffers, getuies en oortreders bo die ouderdom van 18 te beskerm.

Hulle is egter bly die woord “slagoffer” is ingesluit; dit was nie deel van die statuut wat oorspronklik net kinderoortreders en -getuies beskerm het nie.

Bron: news24.com