Dit is perfek as ’n bykos of voorgereg; hierdie heerlike groente-en-boeriegebak sal almal hul lippe laat aflek!

large_veg_bake

Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 min.

Kooktyd: 40 min.

Jou benodighede:

1 pak Championship Boerewors, in stukkies gebreek

’n paar repies spek

1 houer bruin sampioene, met ’n klam lappie afgevee

1 houer murgpampoentjies, in stukkies gesny

’n paar knoffelhuisies, fyngedruk

250 g heel baba-aartappels, geskrop

olyfolie

1 houer (250 g) roomkaas

gekapte grasuie of sprietuie

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n oondpan. Draai ’n stukkie spek om elke stukkie wors. Sprinkel olyfolie oor die aartappels en pak dit in ’n enkellaag in die pan. Pak die worsstukkies tussenin en bak sowat 40 min. of tot gaar. Roer en voeg dan die murgpampoentjies en sampioene by. Sit die roomkaas op die sampioene. Bak nog 10 min. tot effe bruin en die groente sag is. Sprinkel die uie oor en sit warm voor.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.