‘n Spaanse man het hom boeglam geskrik toe hy onlangs geld wou trek by ‘n kitsbank in Llodio, Alava.

Na bewering het die man geld probeer trek by die Caja Madrid-bank, toe ‘n slang onverwags sy kop my die geldgleuf van die kitsbank uitgesteek het.

Volgens die Euro Daily News is die slang blitsig deur owerhede uit die kitsbank verwyder en na veiligheid geneem.

Die polisie vermoed die slang is in die kitsbank geplaas as ‘n grap.

Volg Huisgenoot op Twitter. 

-BANGShowbiz