Tom Carey beweer hy het die video, wat blykbaar in dieselfde jaar geneem is as die berugte neerstorting in Roswell, Nieu-Mexiko, by ’n Amerikaanse intelligensie-agent gekry. Tom sê kenners by Kodak het die beeldmateriaal nagegaan en hulle het bevestig dit is in 1947 opgeneem.

'Hy het bevestig alles is inderdaad van 1947.'

“Ons het dit na Kodak se amptelike geskiedkundige in Rochester, New York, geneem en hy het dit ondersoek. Hy het bevestig alles is inderdaad van 1947.

“En die emulsies op die beeld is ’n aanduiding dat dit nie digitaal verander is nie.”

Of dit werklik is of nie, die ontstellende beeldmateriaal wys blykbaar hoe wetenskaplikes ’n ruimtewese ondersoek.

“Die kop is verwyder en daar is ’n gedeeltelike lykskouing uitgevoer,” verduidelik Tom. “Die ingewande is verwyder, en ons glo die kadawer is op hierdie tydstip al gebalsem.”

Glo jy in ruimtewesens? Kyk die video en besluit self:

 

Bronne: mirror.co.uk, ibtimes.co.uk, Dietrolafacciata/youtube