Die 17-jarige seun staan tereg weens moord en verkragting.

Doe hof het hom op 27 Maart skuldig bevind aan die moord van die Griekwastad-boer Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43) en hul dogter, Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas, Naauwhoek, doodgeskiet.

Die seun is ook skuldig bevind aan die verkragting van Marthella en regsverydeling.

Tydens sy laaste verskyning het sy ouma gesê hy het gehuil, maar nie voor ander nie.

Riaan Bode, vir die seun, het haar tydens argumente ter strafversagting ondervra.

Die hof het ook gehoor die jong moordenaar se vooggesin sal hom nie verlaat nie.

“Nie een van ons beskou hom as ’n monster nie,” het die voog se vrou aan die hof vertel. Haar naam is nie bekendgemaak nie om die minderjarige se identiteit te beskerm.

Die vrou het aan die hof gesê die familie glo steeds die seun het nie die misdade gepleeg nie.

Sy het hom beskryf as ’n seun wat laat ontwikkel het vergeleke met haar eie seuns.

- Sapa