Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en hul dogter, Marthella (14), is op 6 April 2012 op hul plaas, Naauwhoek, vermoor.

Regter Frans Kgomo het die saak tot 21 Oktober uitgestel, maar het nie gesê waarom die uitstel nodig is nie. Die regspanne van die staat sowel as die seun het die regter ontmoet voor die verhoor begin het.

In die hof het die seun se verteenwoordiger, Willem Coetzee, gevra vir die uitstel soos vooraf ooreengekom. Hy het aan Kgomo gesê die hof sal op die hoogte gehou word met ontwikkelings sodat alles moontlik gedoen kon word sodat die saak in Oktober kan voortgaan. Kgomo het addisionele datums in November en Desember ook uiteengesit.