Die minderjarige seun is op 27 Maart skuldig bevind op aanklagte van regsverydeling, asook die moorde op Deon (44) en Christel (43) Steenkamp en die moord en verkragting van hul 14-jarige dogter, Marthella.

Die moorde is op 6 April 2012 op Goeie Vrydag op hul plaas Naauwhoek gepleeg.

Die vonnisoplegging gebeur twee dae voor sy 18de verjaardag berig Volksblad.

Die seun is sedert hy skuldig bevind is in aanhouding in die Kimberley-gevangenis.

Sy voog het aan Volksblad gesĂȘ dat die seun verlang na die plaaslewe en perdry.

LEES MEER HIER

Hier is Volksblad se tydlyn van hoe die gebeure ontvou het sedert Goeie Vrydag 2012.

Bronne: Volksblad, Sapa