The Star het ’n foto van Don Steenkamp in die hof gepubliseer met die opskrif: “Dit is die seun wat suster verkrag het en ouers vermoor het.”

Volgens die koerant is ’n hofbevel, wat die media verbied het om die seun se identiteit te onthul omdat hy minderjarig is, met sy 18de verjaardag gelig.

Beeld het ’n foto van Don op die voorblad gedruk met die opskrif: “Griekwastad. Hier is Don.”

Beeld se susterkoerant Volksblad het die foto en berig op hul voorblad gehad.

Don is skuldig bevind van die moord van sy ouers, die Griekwastad-boer Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en sy suster, Marthella (14).

Mediaberigte het voorheen nie die verwantskap genoem nie, want dit sou hom geïdentifiseer het.

Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas, Naauwhoek, doodgeskiet.

Die seun is ook skuldig bevind aan die verkragting van Marthella en regsverydeling.

Woensdag het regter-president Frans Kgomo hom as volg gevonnis: 20 jaar vir elk van die drie moorde, 12 jaar vir verkragting en vier jaar vir regsverydeling. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

griekwastad-2

Die mediaprokureur Dario Milo het gesê Suid-Afrikaanse reg is onduidelik oor die identifisering van ’n kind wat die onderwerp van ’n hofsaak is en wat 18 geword het. Maar hy meen die koerante was geregverdig om hom te identifiseer.

griekwastad-1