Vir die 16-jarige beskuldigde in die Griekwastad-gesinsmoord klap die deure die afgelope tyd een vir een toe.

Sy skool wil hom vir eers (hangende sy verhoor) nie terughê nie en selfs ’n onderwyseres van Kimberley wat om hulp genader is, wou aanvanklik niks daarvan weet nie.

Sy het net gesê die bewyse teen hom waarvan sy lees, is te verdoemend, sê ’n vriend van die vermoordes in ’n openhartige telefoniese onderhoud van sy plaas af naby Kimberley.

Dis ook swaar vir hom, wat maar net die beskuldigde in hierdie stormagtige tyd wil bystaan, soos hy dit stel.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.