Regter Frans Kgomo sou vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley sy uitspraak begin lewer het, maar het die saak uitgestel ná ’n aansoek van die minderjarige beskuldigde se regspan. Die beskuldigde het sy vorige regspan Dinsdag in die pad gesteek ná wat in die hof genoem is ’n “ernstige vertrouensbreuk” tussen die seun en sy voog en sy voormalige regsverteenwoordigers.

Die staatsaanklaer Hannes Cloete het gesê sy span sien die aansoek as ’n “siniese” poging om die regsproses te manipuleer.

Die nuwe hofdatum is 18 tot 28 Maart 2014.