Patrick Dempsey los Grey’s Anatomy nadat hy ’n dekade in die TV-reeks speel. Die 49-jarige akteur speel Dr Derek “McDreamy” Shepherd sedert dié mediese drama in 2005 begin het.

Patrick se karakter kom tot ’n einde op Donderdag, 23 April in ’n seisoen 11-episode, met die naam How to Save a Life. “Dinge het baie vinnig gebeur. Ons was soos ‘o, dis waarna dinge gaan’,” het hy aan Entertainment Weekly vertel oor sy reaksie rondom sy karakter wat uit die reeks geskryf word. “Dit het op ’n organiese manier ontvou. Ek onthou nie die datum nie. Dit was nie in die herfs nie. Dalk Februarie of Maart. Dit het baie skielik gebeur.”

'Dit is duidelik nou die regte tyd.'

Patrick beweer hy is nie té verras met sy vertrek uit die program nie. “Dit was net ’n natuurlike verloop met die manier waarop die storie ontvou. Dit was soos, Okay! Dit is duidelik nou die regte tyd,” het hy gesê.

Vroeër hierdie week het Page Six berig dat Patrick “geskors” is van Grey’s Anatomy deur die skepper van die reeks, Shonda Rhimes, as gevolg van sy toenemende “diva”-gedrag. Maar Shonda het in ’n verklaring duidelik uitgespel hoe baie waardering sy vir Patrick en al sy werk in die lig van die skokkende nuus het.

“Derek Shepherd is, en sal altyd ’n ongelooflik belangrike karakter wees – vir Meredith, vir my en vir die aanhangers. Ek het nooit gedink ek sal totsiens moet sê aan ons “McDreamy” nie,” het sy in ’n verklaring aan Just Jared gesê.

“Patrick Dempsey se vertoning het Derek in ’n manier gevorm wat ek weet ons al twee gehoop het ’n betenisvolle voorbeeld sal word – gelukkig, hartseer, romanties, seer en altyd waar – van wat jong vroue moet vereis van moderne liefde.”

“Sy verlies gaan deur almal gevoel word. Nou betree Meredith en die hele Grey’s Anatomy-familie onbekende terrein soos wat ons beweeg na ’n nuwe hoofstuk van haar lewe. Die moontlikhede vir wat kan gebeur, is eindeloos. Soos wat Ellis Grey sal sê: the carousel never stops turning.”

© Cover Media