Die grapjas sê hy moes gereeld verskonings uitdink om klas mis te loop sodat hy tyd aan sy loopbaan kon afstaan.

“Ek was nog altyd goed met beplanning,” sê hy. “Dis eintlik hoe ek in my eerste jaar met skerpskertsery begin het. Ek het my opstelle altyd vinnig klaar geskryf en dan niks buiten bier drink en reekse kyk gehad om te doen nie. Toe begin ek met skerpskertsery; ek moes op die een of ander manier op ’n verhoog kom en iets produktiefs doen.” Schalk het verlede week sy honneursgraad in teater en drama van die Universiteit van Kaapstad (UK) ontvang. “Sedert ek graad gevang het, het ek nog nie veel teaterwerk gedoen nie, maar wel ’n bietjie televisiewerk. Behalwe vir skerpskertsery is toneelspel een van my groot passies. Ek gee nie om of ek dit voor ’n kamera of op die verhoog doen nie, solank ek net daai deel van my elke dan en wan kan ontgin.”

Mis hy sy studentedae noudat hy sy grootmensskoene moet vol staan? “Albei het sy eie uitdagings,” sê hy.

Lees ook: #Tempos2016: Stem nóú vir vanjaar se wenners en jy kan ’n motor wen

“Toe ek ’n student was, hoef ek nie my eie huur te betaal het nie. Noudat ek nie meer swot nie, kan ek na vrye wil skerpskertsvertonings gaan doen sonder om die dramadepartement se toestemming te vra of te jok oor ’n oorlede familielid. In my vyf jaar by die UK het ek altesaam sewe oumas verloor,” skerts hy.

Sy raad aan studente is om altyd hard te werk.

“En kuier hard. Staan op vir wat jy glo reg is en bel jou ma gereeld.”

Schalk, wat Die Kliek op VIA aanbied, is benoem vir ’n Huisgenoot-Tempo in die kategorie TV-aanbieder van die jaar.

Om vir hom of een van die ander benoemdes te stem SMS die letters TEM plus die kode langs die benoemde van jou keuse (sonder ’n spasie, byvoorbeeld TEME11), en jou naam, van en adres voor 6 Julie om 12:00 na 35407.

Elke SMS kos R1,50. Net 20 stemme per selfoonnommer word toegelaat.

Hier is die benoemdes in die kategorie TV-aanbieder van die jaar:

H1 Amor Vittone – Skoonma-Se-Tong

H2 Emo Adams – Jou Show

H3 Hannes van Wyk – Kwêla

H4 Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika

H5 Nádine – Musiek Roulette

H6 Schalk Bezuidenhout – Die Kliek

Ander stories op Huisgenoot.com:

Elvis Blue se lewe ’n ‘dorre woestyn’ sonder sy Chirése

Loffie Eloff: ‘Gee Bokke kans vir span bou’

Alison Botha se storie eerste SA fliek na gesogte Amerikaanse rolprentfees