In die komende 25ste seisoen van die gewilde strokiesreeks The Simpsons sal een karakter groet, en volgens die beroepswedders Ladbrokes wed die meeste mense dat Abe Simpson in die stof gaan byt.

Al Jean, die vervaardiger, het onlangs aangekondig: “Ek sal julle ’n leidraad gee: Die akteur wat die karakter speel, het ’n Emmy daarvoor gewen, maar ek sal nie sê wie dit is nie.”

Moenie te hard oor die leidraad dink nie. Die program het sedert 1992 al 25 Emmys vir stemwerk gewen en die meeste van die akteurs leen hul stem vir meer as een karakter. Dus is daar tientalle moontlikhede om uit te kies.

Maar dit sê steeds vir jou wie veilig is. Al is hy al benoem, het die akteur Harry Shearers nooit ’n Emmy vir sy stemwerk vir The Simpsons gewen nie. Dit beteken kykers sal nie vir Mr. Burns, Waylon Smithers, Reverend Lovejoy, Kent Brockman, Lenny, die skoolhoof, Skinner, Otto Mann, Rainier Wolfcastle of Ned Flanders hoef te groet nie.

Die vorige karakter wat op die program dood is, was Maude Flanders (die vrou van die Simpsons se hoogheilige buurman, Ned). Dié is 14 jaar gelede dood toe sy van ’n paviljoen af val nadat daar met ’n hempkanon op haar geskiet is.

Saamgestel deur Petro-Anne Vlok

BRONNE: channel24.co.za, time.com