Barry en June Steenkamp het spesiaal aan Huisgenoot toestemming gegee om dié foto’s van Reeva te publiseer.

reeva

Waarskuwing

Regter Thokozile Masipa het aanvanklik Gerrie Nel se versoek toegestaan dat foto’s van Reeva Steenkamp se gebroke liggaam tydens die verhoor te grafies was om publiseer te word. Maar ’n pleidooi van Reeva se ouers aan staatsaanklaer, adv. Gerrie Nel, om vir die wêreld te wys hoe Reeva gelyk het nadat sy geskiet is, het haar intussen anders laat besluit.

Lees ook: Kyk: Trane toe Oscar Pistorius op sy stompies loop in hof

Tydens Oscar Pistorius se vonnisverrigtinge het Gerrie Nel gevra Masipa moet gelas dat foto’s van Reeva se liggaam gepubliseer mag word. Die foto’s is geneem ná die skietvoorval op Valentynsdag 2013 wat haar lewe geëis het. “Laat ons die wêreld wys wat die beskuldigde gedoen het,” het Gerrie gesê. Masipa het gesê: “As die oorledene se familie voel beskerming is onnodig, is dit nie my plek om in te meng nie. Ek staan die versoek toe dat hierdie foto’s aan die publiek bekendgemaak mag word.”

Die Steenkamps se regsverteenwoordiger, Tania Koen, het vanoggend gesê dit is onwaar dat Reeva se ouers self die foto's wat gepubliseer mag word, gekies het.

"Gerrie Nel het gister tydens middagete die foto's vir hulle gewys waarop Barry en June dit vir die eerste keer gesien het en gesê het hulle wil hê die hele wêreld moet dit sien."

[caption id="attachment_129066" align="alignnone" width="623"]Barry Steenkamp getuig in die hooggeregshof in Pretoria. Skermgreep: YouTube, eNCA Barry Steenkamp getuig in die hooggeregshof in Pretoria. Skermgreep: YouTube, eNCA[/caption]

Oscar het Reeva deur ’n geslote badkamerdeur met drie Black Talon-koeëls geskiet. Dié koeëls is ontwerp om groot skade aan die teiken aan te rig. Op die foto’s is die model se blonde hare gekoek en vol bloed. Die skokfoto’s wys ook ’n kneusplek onder Reeva se linkeroog. ’n Patoloog het gesê dis veroorsaak deur die impak van die koeël in haar kop.

[caption id="attachment_128642" align="alignnone" width="650"]Oscar Pistorius verlaat die hof nadat die voorvonnisverrigtinge van sy moordsaak Maandag vroeg vir etenstyd verdaag het. Foto: Martin de Kock Oscar Pistorius verlaat die hof nadat die voorvonnisverrigtinge van sy moordsaak Maandag vroeg vir etenstyd verdaag het. Foto: Martin de Kock[/caption]

Masipa se verrassende beslissing kom nadat Oscar sy kunsbene afgehaal en bewend op sy stompies in die hof gestaan het.

Sy advokaat, Barry Roux, het die voormalige Paralimpiese atleet gevra om dit te doen as deel van sy slotbetoog.

“Dit is die man, dis 03:00 in die oggend, hy is op sy stompies,” het Barry aan die hof gesê. “Hy ly aan ’n angssteuring en sy balans is belemmer wanneer hy op sy stompies is.”

[caption id="attachment_128894" align="alignnone" width="616"]Skermgreep: YouTube, eNCA Skermgreep: YouTube, eNCA[/caption]

“Hy was angstig, hy was vreesbevange. Dit moet alles binne die konteks van sy gestremdheid en die verterende denkwyse gesien word. Hy was gewapen en reg om te skiet. Sy persepsie is verder aangevuur deur die oop badkamervenster, die lere, die toeklap van ’n deur. Hy het geglo die mens is ’n inbreker, maar dit was die oorledene in die badkamer. Hy het vier skote in ’n afwaartse rigting op die deur afgevuur, nie met die doel om dood te maak nie. Ek wil nie sy gestremdheid oorbenadruk nie,” het Barry in sy slotbetoog gesê. “Ek sê nie hy kan doen wat hy wil nie.”

Beide die staat en verdediging het slotbetoë gelewer. Gerrie het die hof gevra om Oscar ’n minimum van 15 jaar tronkstraf op te lê en gesê sy persoonlike omstandighede is van geringe belang in so ’n ernstige saak. Barry het sy kliënt se kwesbaarheid benadruk en hom teen die “volgehoue veldtog van waninligting” teen Oscar uitgespreek.

Masipa moet die 29-jarige Oscar opnuut vonnis nadat die appèlhof haar uitspraak van strafbare manslag verander het na een van moord. Oscar sal sy lot op 6 Julie hoor.