En toe het die Protea-kaptein Graeme Smith al die tyd die groot vraag gaan vra nadat sy span so sleg verloor het in die Wêreldbeker.

The Times berig vanoggend Graeme het Sondag verloof geraak aan die Ierse sangeres, Morgan Deane (25). En dit blyk nou Smith gaan eers einde Mei weer na sy vaderland terugkeer.

Hy gaan eers in die IPL in Indië speel.

Moes hy eers teruggekom het om aan die krieket-ondersteuners hier te verduidelik wat verkeerd gegaan het voordat hy op sy romantiese reis vertrek het?