<img class="size-medium wp-image-32244 aligncenter" title="grame1" src="http://you.co.za/wp-content/uploads/2013/07/grame1-300x300.png" alt="" width="300" height="300" />

Die Proteas se toetskaptein het dié eerste foto’s van hul tweede kind op Twitter gedeel. Die krieketheld was vanoggend vroeg by die hospitaal om hul kleinding, wat gister gebore is, vas te hou en die trotse pa kon nie gou genoeg ’n foto van dié spesiale oomblik deel nie.

Graeme is tans op die krukkelys weens ’n enkelbesering. Hy het gister ná hul seuntjie, Carter McMorrin Smith, se geboorte getwiet: ‘‘Wat ’n dag; was in die gimnasium om rehabilitasie te doen en die volgende oomblik was ek en my vrou in die teater om ons seuntjie in die wêreld te verwelkom!’’

Morgan het ook haar opwinding op Twitter gedeel. ‘‘Ons is oorstelp om vir Carter in ons lewe te hê,’’ het sy getwiet.

Sterre soos die Springbok-held Bryan Habana, die All Blacks-losskakel Dan Carter en swemmer Roland Schoeman het die paartjie geluk gewens met die jongste toevoeging tot hul gesin. Hul eersteling, Cadence, vier volgende Donderdag (25 Julie) haar eerste verjaardag.

<strong>Volg Graeme op Twitter: <a href="http://www.twitter.com/GraemeSmith49" target="_blank">@GraemeSmith49</a> </strong>

<img class="size-medium wp-image-32246 aligncenter" title="graem2" src="http://you.co.za/wp-content/uploads/2013/07/graem2-300x300.png" alt="" width="300" height="300" />