Dit lyk asof Graeme Smith weer verlief is. Hy is die afgelope week gesien saam met Morgan Deane, ‘n sangeres en liedjieskrywer van Dublin in Ierland. Sy kuier skynbaar by hom terwyl hy in Delhi, Indië, in die Wêreldbeker-toernooi vir Suid-Afrika krieket speel.

Graeme het nog nie oor haar gepraat nie, maar dit lyk asof hulle die skoot hoog deur het. Hulle het albei skielik hul Facebook-profielfoto’s verander na een van hulle twee saam. Die twee stuur ook vir mekaar oulike boodskappies op Twitter.

Graeme het gister saam met die span hulle eerste oorwinning in die toernooi gevier nadat hulle die Windies geklop het, so dit lyk asof die liefde darem nie sy aandag van die spel aftrek nie.