Die voormalige Protea-krieketkaptein Graeme Smith en sy Ierse vrou, Morgan Deane-Smith, gaan skei.

“Ek bevestig dat die egpaar ongelukkig gaan skei. Dit is uiteraard ’n privaat aangeleentheid en hulle vra dat hul privaatheid gerespekteer word ter wille van hulle en hul kinders,” het ’n woordvoerder gesê.

Die paartjie is amper vier jaar gelede getroud en het ’n kind van twee en een van 19 maande.

Graeme is tans op ’n vliegtuig op pad na die Krieketwêreldbekertoernooi in Australië.

Lees nog in die nuwe Huisgenoot wat van Donderdag te koop is

Video-onderhoud met Graeme en Morgan kort na hul troue: