Die voormalige Proteas-kaptein Graeme Smith het so pas op Instagram aangekondig dat hy vir die derde keer pa geword het. “Ek is ongelooflik trots en gelukkig om #bababiff in die wêreld te verwelkom,” het hy by foto’s van hom, sy lewensmaat Romy Lanfranchi, en hul pasgebore seuntjie gedeel. “Ma en baba doen baie goed en pa is ekstaties!” skryf hy.

A photo posted by Graeme smith (@graemesmith49) on

Romy is ’n prokureur van Kaapstad. Die paartjie het albei twee kinders uit vorige huwelike. Lees ook: Graeme Smith verklap eindelik geslag van nuwe kleinding

#babyshowerlove @stansfield1 ???

A photo posted by Graeme smith (@graemesmith49) on

Sy het twee jong seuns by haar oorlede man, Michel Lanfranchi en Graeme het ook ’n seun en dogter uit sy huwelik met die Ierse sangeres Morgan Deane. Baie geluk julle twee!

Underway at the Boxing Day test match with @supersporttv and @bbcsport

A photo posted by Graeme smith (@graemesmith49) on