Graeme het ’n verklaring uitgereik na sy vervreemde vrou, Morgan Deane, die naweek op Twitter onthul het oor hoe haar man haar glo ’n dag ná Kersfees gelos het, ontrou was en nou boonop ook toesig oor hul kinders gekry het.

In sy verklaring het Graeme gesê hy het die afgelope ses maande oor sy huwelik geswyg en herhaaldelik gevra dat sy privaatheid en dié van sy twee jong kinders gerespekteer word.

Volgens hom is Morgan se optrede is in reaksie op ’n verklaring van ’n sielkundige verslag – waarop albei partye se prokureurs ooreengekom het – en aanbevelings waarvan sy oënskynlik nie hou nie.

Hy beweer ook dat Morgan gebruik alles tot haar beskikking om hom in die swakste moontlike lig te stel.

Graeme het gesê hy het die “verregaande” beskuldigings op sosiale netwerke en in uitgesoekte media verduur.

Wat hom ook ontstel, is dat sekere media Deane se beskuldigings en bewerings herhaal sonder om hul van die feite te vergewis of die skade wat dit aan hul kinders kan berokken, te oorweeg.

“Terwyl ek steeds omsigtig in my reaksies is en steeds weier om die ware stand van sake te openbaar – sal ek nie enige suggestie dat ek nie ’n goeie pa is, duld nie. Morgan en almal na aan die familie weet dit is duidelik onwaar en kwetsend,” het hy gesê. “Om Morgan voortdurend dekking te gee oor wat sy op sosiale netwerke plaas, is glad nie regverdig teenoor my kinders of familie nie.” Hy het weer gevra dat sy privaatheid en dié van sy kinders gerespekteer word. Morgan se gewraakte twiet:

Bronne: Netwerk24, Channel24