Die paartjie, wat in 2011 na ’n warrelwindromanse afgehaak het, is na ’n huwelik van vyf jaar en sewe maande geskei.

Morgan het nie Dinsdag se hofverrigtinge in Kaapstad bygewoon waartydens hul huwelik finaal ontbind is nie, berig Netwerk24. Die verrigtinge het net ’n halfuur geduur, word daar berig. Sy was wel ’n dag vroeër in die hooggeregshof toe die skikkingsaak voor regter John Hlophe aangehoor is. Nie Graeme (36) of Morgan (33) het al ’n woord in die sosiale media gerep na hul egskeiding gefinaliseer is nie.

??

A post shared by Morgan Deane (@morgandeane) on

Die paartjie het twee kinders, ’n vierjarige dogter Cadence, en ’n driejarige seun, Carter. Graeme se derde kind, Sebastien, is in Desember gebore. Sy ma is Graeme se huidige meisie, die Kaapse prokureur Romy Lanfranchi.

Celebrating #36 with my love ?? @stansfield1

A post shared by Graeme smith (@graemesmith49) on

Morgan het onlangs op haar blog, The Green Girl's Guide to Divorce, onthul hoe sy gesukkel het om haar trouring af te haal nadat haar en Graeme se paadjies geskei het.

“Ek het myne ophou dra nege maande na ons uitmekaar is,” skryf sy op haar blog. “Ek het dit oorweeg om my hele vinger af te sny - nie omdat ek myself seermaak nie, maar omdat ek nie kon dink hoekom ek ooit weer ’n ring aan my trouvinger sou benodig nie," vertel sy.

Sy het toe darem nie dié drastiese stap geneem nie.

Sy het vir die eerste ses maande na hul paadjies geskei het nog die trouring gedra. “Dit was ’n duidelike aanduiding van my ontkenning. Ek het ook gedink as ek dit dra sou dit enige man afskrik wat in my spasie wil kom. Ek was regtig nie gereed (vir ’n verhouding) nie. Ek het daarna vir drie maande dit aan my regterhand gedra. My redenasie was deur dit te dra wys ek ouens ek is getroud, maar nou is ek nie meer nie," vertel sy.

Sy het op die ou end die ring afgehaal. “Toe ek aanvanklik uit was met my kinders en ek het nie my trouring aangehad nie, het ek vreemd gevoel. Ek het gedink mense kyk dalk vir my en en dink: ‘Twee buite-egtelike kinders, arme vrou’. Maar dit was net my eie onsekerhede. Ek het sedertdien geleer mense sal dikwels vir my kyk en dink: ‘Welgedaan aan daardie sterk vrou wat kinders op haar eie ggrootmaak," skryf sy.

Sy wil nie die ring aan haar dogter, Cadence, oordra nie omdat dit vervloek is, sê sy. "Ek is seker daar is matrose wat minder vloekwoorde as daardie ring gehoor het," skryf sy op haar blog. "Ek wil dit nie verkoop nie, want dit sal nooit verkoop vir wat dit werd is nie. Ek sal dit net hou, want dis nou ’n simboliese deel van my geskiedenis.”

Bykomende bronne: Netwerk24; thegreengirlsguide