GEHEIME seks met haar man se beste vriend, gesteelde oomblikke op ’n suiwelplaas en stomende e-posse wat net vir haar minnaar se oë bedoel is...

Dis nou nie juis wat jy van ’n presidentsvrou sal verwag nie.

Maar Grace Mugabe verneuk haar man al die afgelope vyf jaar – en dit met ’n man wat hy as sy grootste bondgenoot en vertroueling beskou.

Die nuus dat die twee mense die naaste aan hom ’n affair het, het glo die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, verpletter, al is dit nie die eerste keer dat sy vrou ontrou is aan hom nie, of selfs die tweede keer nie.

Maar hierdie keer is die ander man iemand wat ’n sleutelrol speel om die bejaarde president sy mag te laat behou.

Nie net is Gideon Gono (50) die grootbaas van Zimbabwe se reserwebank nie; hy is ook die man wat Robert se geldsake tot in die fynste besonderhede bestuur.

Hy help die president sy mag behou deur die oorlogsveterane en die weermag geld te gee om enige politieke opstand onder ons noordelike bure in die kiem te smoor.

Gideon se affair met Grace is ’n groot verleentheid vir Robert, wat volgens verskeie berigte al in die verlede met impotensie gesukkel het. Sommige meen selfs hy het haar haar vyf jaar lange affair vergewe omdat hy nie self ’n vrou kan bevredig wat 41 jaar jonger as hy is nie.

Maar volgens die meeste gerugte is die nuus van haar affair met Gideon ’n groot slag vir die 86-jarige staatshoof. En bronne na aan hom voorspel dit is net ’n kwessie van tyd voor sy voormalige boesem-pel iets gaan oorkom...

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 4 November 2010.