“Ek veroordeel dié boek ten sterkste,” sê Machel in ’n verklaring wat Vrydag deur haar stigting uitgereik is.

Die boek bevat besonderhede oor Mandela se laaste jare, onder meer intieme oomblikke net voor sy dood.

Ramlakan is die land se voormalige geneesheer-generaal en was tot Mandela se dood in 2013 die hoof van sy mediese span.

Sy boek bevat besonderhede oor Mandela se laaste jare, onder meer intieme oomblikke net voor sy dood.

In van die uittreksels wat hierdie week aan News24 beskikbaar gestel is, skryf Ramlakan oor Mandela se toelating tot die Mediclinic-harthospitaal op 8 Junie in ’n “ernstige toestand”.

Hy sê 'n "ernstige abnormaliteit het daartoe gelei dat Madiba daardie aand ophou asemhaal het".

Ramlakan gee ook besonderhede oor party van Madiba se kwale, onder meer maag- en ulkusbloeding en longontsteking.

“Op die vorige aand, het ons vermoed, het ’n skielike ulkusbloeding en meegaande longontsteking waarskynlik ’n aspirasie van bloed veroorsaak wat opgebring is,” lui ’n uittreksel uit die boek.

Hy skryf ook dat die meeste ouer mense, wat nog te staan 'n 94-jarige, sou gesterf het as hul asemhalingskanaal instintief en onwillekeurig afgesluit het.

Ramlakan praat ook oor die druk van die media wat buite die hospitaal byeengekom het, honger vir inligting oor Madiba se gesondheid.

???? #Mandela #Madiba ???

A post shared by @abjr818 on

Machel dreig met regstappe en sê die boek is ’n “verbreking van die vertroulikheidsverhouding tussen dokter en pasiënt”.

“Ek win regsadvies in oor die instel van regstappe teen die skrywer en uitgewer,” sê Machel.

Madiba en Graça op 24 September 2009. Foto: Media24/Gallo Images /Hulton Archive

In ’n ander uittreksel ontbloot Ramlakan klein meningsverskille tussen Mandela se dokters, personeel en familielede, berig Sowetan.

Machel sê sy sal met die eksekuteurs van Madiba se boedel – regter Dikgang Moseneke, George Bizos SC en regter Themba Sangoni – vergader oor hoe om “Madiba se goeie naam en reputasie die beste te beskerm”.

Bron: news24.com