Kry die skimp, Noah.

Sy het vir hom ’n lys streng reëls geskryf en dit baie duidelik gemaak wat sal gebeur as hy dit nie gehoorsaam nie.

Hier is die sewe reëls in al hul glorie:

1. Moenie aan my skouer raak nie.

2. Moenie agter my kom staan met al die gespeel en lawwigheid nie. (Moet glad nie agter my kom staan nie.)

3. Moenie met my praat tensy dit ’n groet is, wat nooit sal wees nie.

4. Hou op om op die bus met my te speel.

5. Ek is kort van draad met mense en jy bederf my dag, want jy speel te veel.

6. Lees 500 keer oor.

7. Jy hou van my (as ’n meisie), maar ek hou nie van jou (as ’n kêrel) nie. Ek’s te jonk!

via GIPHY

En oortree Noah enigeen van die reëls, bel sy haar pa, ma se beste vriendin, vals ma (ja, haar vals ma) en ’n opsigter wat sy ken.

via GIPHY
Die brutaal eerlike brief het aan die lig gekom toe die gebruiker @WhosDenverJones dit op Twitter deel. “My vriend wat ’n gr. 5-onderwyser is, het dit nou net vir my gestuur! Ek’s dood!!!”, het sy by ’n foto van die brief geskryf.
Hopelik het dit Noah nie van stryk gebring nie.
Die plasing is sedertdien meer as 6 000 keer hertwiet en meer as 10 000 mense het aangedui hulle hou daarvan.