Dis ’n vraag so oud soos die berge: "Is jý slimmer as ’n gr. 1'tjie?"

Waarskynlik nie as mens so kyk na hierdie verstommende huiswerkprobleem wat gr. 1-leerders van 'n skool in Amerika onlangs gekry het om te doen nie.

"Internetvriende: los hierdie graad 1-huiswerkprobleem op. #showyourwork #mybrainhurts," het die Holderness-gesin op Facebook gedeel saam met ’n foto van die verbysterende vraag.

via GIPHY
 

Penn Holderness het in die kommentaar verduidelik die wiskundevraag was op die laaste bladsy van ’n vraestel van sewe bladsye en dat “die voorafgaande 6 bladsye op ’n baie meer normale vlak was vir ’n gr. 1'tjie.”

"Ek dink nie die onderwyser verwag dat almal dit moet verstaan nie; ek dink dit was bedoel om ’n probleem te wees wat die kinders sou uitdaag. Daarom dink ek dit was ’n goeie ding dat ons skool dit ingesluit het!”

Nietemin het die wiskundevraag steeds duisende internetgebruikers dronkgeslaan.

Heather Combs Dutton het die wiskundevraag opgebreek en haar werkswyse gedeel.

"Hoewel ek saamstem dat dit te gevorderd is vir ’n gr. 1'tjie (my sewejarige niggie sal glad nie hierdie ingewikkelde som kan doen nie!), moes ek dit steeds oplos!"

"Jy tel oorkruis op en trek oor die dwarste en afwaarts af, om so die ontbrekende getal van 14 te kry.”

maths1
Jennie Ewalt het by dieselfde antwoord uitgekom:

Kon jy ook daarby uitkom?