Ons gesels met haar oor dié prestasie, en hoor sommer ook wat sy vir 2014 beplan.

“Ek is verheug oor die nuus en kan amper nie glo die album het binne so ’n kort tydjie goue status bereik nie, en dit maak my baie opgewonde om te dink dit kan dalk platinum ook bereik,” sê Andriëtte.

Haar gunstelingliedjie op die album is Sal Jy my Onthou, “omdat ek dit geskryf het saam met Helmut Meijer, en dit voel net so eie aan my.”

Sy beplan baie opwindende dinge vir 2014 en sien veral uit na haar toer in Mei deur Namibië. “Ons beplan ook om in die Noord-Kaap te toer en dan dalk ’n nuwe DVD-opname te maak.”