Hy het die 200 m-vryslag in ’n tyd van 1:41,45 gewen. Die Rus Danila Izotof was kort op sy hakke met ’n tyd van 1:41,67. Die kampioen, Ryan Lochte van die VSA, was derde met ’n tyd van 1:42,09.
'Chad is op die Suid-Afrikaanse Sportprysaand as die land se sportman van die jaar bekroon.'

Dit is Chad se derde medalje by die Wêreld-kortbadbyeenkoms. Hy het in 2012 die 100- en 200 m-vlinderslag gewen.

Chad is ook Maandag as Fina se manswemmer van die jaar aangewys en is op die Suid-Afrikaanse Sportprysaand as die land se sportman van die jaar bekroon.

Bron: Netwerk24