’n Goudkleurige iPhone5S het teen R101 000 verkoop –meer as die waarde van ’n foon wat met goud beslaan is.

Die toestel is deel van Apple se jongste reeks selfone, wat ook in silver en ruimtegrys beskikbaar is. Dis op ’n aanlyn veiling op eBay verkoop. Die koper wou die foon duidelik bitter graag hê, aangesien die aanbiedinge in ’n stadium van R25 000 tot R100 000 opgeskiet het.

Die verkoopsprys is 12 keer meer as die handelsprys. Dis waarskynlik die meeste wat al vir ’n enkele 5S betaal is.